![]() |
Sêgoed van Johann H Bekker “Ek geniet die skrywery. Dit is aangenaam om saam met ’n paar mense wat jy goed leer ken (en na jou hand leer!) op ’n uitstappie te gaan, byvoorbeeld op safari. Daarom worstel ek nie veel met lewensvraagstukke en eksistensiële benoudhede nie. Ek vertel net ’n storie, ontspan terselfdertyd, en as my lesers saam met my op safari gaan en laat blyk dat hulle dit geniet, dan gloei die kole van die rooibosvuur nog mooier en is Wes-Transvaal se vlaktes nog grootser.” (Inligtingstuk by NALN) “Die grootste plesiertjie bly maar die kampvuurtjie.” (Inligtingstuk by NALN) |
Gebore en getoë
Johann Heinrich Bekker is op 13 April 1918 op ’n plaas op die ou Wes-Transvaalse vlaktes gebore, in die Klerksdorp-distrik. Hy was een van die babas wat tydens die Groot Griep-epidemie gebore is.
Die wegspringplek en verblyfplek van sy jeugjare was daar in Wes-Transvaal op die mielieplaas Opraap, op die grens tussen die distrikte Klerksdorp en Ventersdorp. Sy kinderjare was een van wonderlike avonture saam met sy maats. Hulle het baie avonture met meerkatte, turksvye, fisante, voëlrekke en swemkuile beleef. Dit was onvergeetlike dae, soos ook sy skoollewe aan die tweemanskool op die plaas waar “Meester” (mnr HMP Visser) en sy lat ’n hoë peil onder die leerlinge gehandhaaf het. Dit was ook aan dié plaasskool waar Johann se leeslus sy beslag gekry het. (inligtingstuk by NALN)
Sy pa het ook ’n groot rol gespeel in Johann se skryfloopbaan, want hy kon lekker stories vertel en voorlees.
Hy het sy hoërskooljare aan die Hoërskool Gimnasium op Potchefstroom deurgebring, waar hy hom in diens van sport (tennis, rugby en skiet), lees, kwajongstreke en gewone skoolwerk gestel het. Hy het in 1935 aan die Hoërskool Gimnasium gematrikuleer.
Verdere studies en werk
Ná skool is hy na die Potchefstroomse Universiteitskollege (vandag Noordwes-Universiteit), waar hy sy BA-graad in 1938 verwerf het en in 1939 sy onderwysdiploma.
In 1940 het hy in Pretoria-Noord gaan skoolhou, en die volgende jaar is hy aangestel as hoof van ’n tweemanskool op Langkloof naby Lopskopdam, die buurplaas van generaal Hertzog.
Daar het hy die generaal en veral sy seun, Charles, goed leer ken. Charles was ’n jukskei-entoesias en daar is baie jukskei gespeel, want daar was maar min ander ontspanning, behalwe die maandelikse debat wat altyd deur ’n dans op die groot stoep van die Hertzogs se huis (Charles s’n) op Waterval gevolg is.
Dit was na Langkloof dat Johann sy bruid, Betsie Booyens, in 1942 gebring het. Hulle is in 1941 getroud en twee seuns, Johannes Jurie en Jacobus Jeremias, is uit die huwelik gebore.
"Hier was volop geleentheid vir skryfwerk, want die landelike lewe het kalm voortgegaan, en op Langkloof kon ’n mens tot die siel van die boeremense deurdring terwyl jy saam met hulle langs die stookketel of die viswater sit, saam rook en gesels en koffie drink, saam begrafnis hou of bruilof vier," skryf Johann. "Dit was leersame dae." (Inligtingstuk by NALN)
In 1942 het Johann saam met sy kollega, IS Waltman (ook ’n voornemende skrywer), begin verhale skryf. Die twee het saans tot laat gesit en skryf. Waltman se verhale het almal ’n heldin gehad en hulle almal is soos klokslag vermoor, en daarvan het die redakteurs by die uitgewers nie gehou nie.
Johann se eerste verhaal, Pikkie en die seunsbende, was juis een van Waltman se verhale wat hy oorgeneem het en tot ’n langer verhaal verwerk het. Dit het as ’n vervolgverhaal in Die Jongspan verskyn. Sy verhaal “Gerhard Eksteen se pogings” is in Loopbaangids gepubliseer en het aan Johann ’n “prysie” besorg. “Waarskynlik was dit die enigste inskrywing vir die wedstryd,” was sy latere kommentaar. Hy het nog verhale vir Die Jongspan geskryf en het vir Dakka se groot avontuur ’n prys van die CSV-Boekhandel verwerf.
Die buffeltemmer, ’n jeugverhaal wat in Die Jongspan verskyn het, is voorgelê vir publikasie, maar dit het tot baie frustrasie aanleiding gegee. Johann het vertel: “Die redakteur wat waarskynlik nie die verhaal verder as die eerste paar bladsye gelees het nie, het in ’n voetnoot aan die jong lesers verduidelik dat die held van die verhaal (’n wit Voortrekkerkind wat deur die Matabeles weggevoer en grootgemaak is en wat wou weet waarom hy dan ‘anders’ is – wit en nie swart nie en by ou Sepedi moes hoor dat hy ‘die wit kalf van die swart koei’ is) nou eintlik is wat ons ’n albino noem! Die held op die slagveld en veroweraar van ’n meisie se liefde – ’n albino!” Die buffeltemmer is in 1965 deur Human & Rousseau uitgegee. (Inligtingstuk by NALN)
Sy kortverhaal “’n Tradisie van die Vermeulens” is in Die Huisgenoot gepubliseer en het die destydse Maandprys van Die Huisgenoot verower.
Met die verloop van jare het baie van sy verhale en sketse in tydskrifte verskyn, asook verskeie vervolgverhale.
As gevolg van asma moes Johann terug na die Hoëveld toe. Terwyl hy assistent aan Rooipoortskool was, het hy vir die BEd-graad ingeskryf en dit in 1947 onder leiding van prof J Chris Coetzee aan die PU vir CHO behaal. In 1948 is hy aangestel as visehoof van Soutpansdrifskool en ’n jaar later tot hoof van Hekpoortskool bevorder. Met ’n studie oor die onderwysgeskiedenis van die Bo-Moot het hy in 1950 aan dieselfde universiteit sy MEd-graad behaal.
Onderwyl hy hoof van Hekpoortskool was, is hy in 1953, die jaar waarin hy sy doktorsgraad in die opvoedkunde behaal het, na die Pretoriase Onderwyskollege as dosent gesekondeer en daarna as departementshoof na die Heidelbergse Onderwyskollege.
In 1964 is hy aangestel as senior lektor in opvoedkunde aan die Universiteit van Suid-Afrika. Johann se alma mater het hom in 1969 ’n professoraat aangebied, wat hy egter nie kon aanvaar nie. Hy is vanaf 1967 professor en hoof van ’n opvoedkunde-dissipline aan die Universiteit van Durban-Westville. Hy was ook vir ’n paar jaar dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde aldaar.
Johann het gereeld oorsee gegaan vir navorsing, asook vir ’n reeks lesings wat hy in Nederland gelewer het. Op versoek het hy sekere navorsingsprojekte onderneem en aktief deelgeneem as bestuurslid van opvoedkundige verenigings, asook van kerklike en kultuurliggame. Hy is byvoorbeeld in 1976/77 deur die destydse minister van kleuringsake as voorsitter van die adviesraad vir die opleiding van kleurlingonderwysers aangewys.
Hy was veral bekend vir sy verhale vir die jeug wat begin het met Dakka se groot avontuur. Daarna het Kruitdamp,Onheil op Verwagting, Die bottelaar, Cessna vermis! en nog vele ander gevolg. Duisend tree suid, Cessna vermis!en ’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale is ook deur onderwysdepartemente voorgeskryf. Vier van sy verhale is ook tot radiovervolgverhale verwerk en uitgesaai.
Sy bekende verhaal Het van Verlangekraal is twee maal verfilm: in 1962 deur Carfo en in 1983/1984 deur Jan Scholtz Films vir beeldsending op televisie. Sally Campher het die rol van Het vertolk in Jan Scholtz se televisieweergawe, en vir haar uitbeelding van Het, die probleemkind uit ’n ruwe huis, het sy in 1984 ’n Artes-toekenning ontvang.
Anna van Zyl (Volksblad, 1960) het dit baie geniet om Het van Verlangekraal te lees - "veral omdat Johann die verhaal nie onder te veel woorde en allerlei tierlantyntjies versmoor het nie, en ook omdat die kind wat wanaangepas is op skool, met soveel opregte meegevoel en begrip uitgebeeld word.
"Op subtiele wyse laat die skrywer mens verstaan wat alles tot wanaangepastheid kan aanleiding gee – in Het se geval haar huislike omstandighede – en dan is daar nog Het se eie sterk persoonlikheid wat botsings tot gevolg het. Hiermee wil Bekker dan sê dat ’n onderwyser eers ’n kind se agtergrond moet ken en hom as mens moet verstaan voordat hy gevolgtrekkings maak. Hoewel die boek ’n les vir onderwysers en ouers inhou, moet ’n mens die skrywer gelukwens met die wyse waarop hy die waarhede van liefde en begrip by die leser tuisbring.
"Die karakterbeelding verdien ook vermelding. Doep du Plessis is ’n pragtige karakter – die ideale onderwyser, miskien ’n bietjie té perfek, maar nogtans bly hy mens. Erlank is ’n tipiese voorbeeld van die onderwyser wat onseker voel en alles dan wil reg slaan of breek. En Het laat hom sy tekortkominge nog duideliker besef.
"Het self boei die leser. Een oomblik bewonder jy haar omdat haar agtergrond en omgewing nie die vuur in haar kon blus nie, maar dan word jy saam met haar onderwysers woedend oor haar reaksies om haarself te laat geld, en dan weer kry jy die begaafde kind jammer in haar bittere stryd om selfverwesenliking.
"Die stryd om Het 'reg' te kry, is ’n dramatiese een tussen twee lewensopvattinge: Doep se filosofie van liefde en begrip enersyds en Erlank se dwangfilosofie andersyds. Die skrywer openbaar ’n diepgaande kennis van sy onderwerp en die boek kan aanbeveel word by iedereen wat belang het by die opvoeding van die jeug."
Johann se jeugverhale het oor die algemeen gunstige resensies ontvang. Oor Die palomino het Anna van Zyl (Volksblad, 18 Junie 1960) geskryf dat die storie aan die begin maar stadig voortgaan met die stereotiepe agtergrond van ’n seun van die stad wat op die plaas moet gaan bly. Maar soos die verhaal aangaan, kry die verhaal van Tjaan en Tendani rigting en word dit nie net ’n gewone avontuurverhaal nie, maar ontwikkel dit tot iets dieper.
"Dit toon die persoonlikheidsontwikkeling wat Tjaan ondergaan wanneer hy uitgelewer is aan selfstandigheid. Dit is ’n gawe jeugboek wat sy boodskap baie subtiel oorbring."
Hilda Grobler (Hoofstad, 23 Februarie 1980) beskryf Roel Keet en Kie as opwindende leesstof vir elf- en twaalfjariges. "Die wisselende avonture van die twee groepe seuns sou selfs ’n jonger leser se aandag gevange hou, hoewel daar dalk ’n paar woorde is waarmee die jong leser sou sukkel."
Duin drie word as ’n lekker spannende avontuurverhaal vir elf- tot vyftienjariges aangebied. "Duin drie dui op daardie plek in die woestyn waar mense se toekoms en verlede toegewaai lê onder die sand. Daar kom mense heen om iets te vind, maar dit wat hulle vind, is nie noodwendig dit waarna hulle gaan soek het nie," skryf Elizabeth Snyman (Transvaler, 13 April 1982).
"Die verloop van die gebeure word goed gemotiveer en die spanningslyn word vernuftig volgehou en die intrige op so ’n wyse ontvou dat die leser se aandag steeds geboei bly. Bekker skep ’n interessante kontras tussen sy twee groepe karakters deur hulle onderskeie maniere van praat, dink en reageer."
Cessna vermis! vertel die verhaal van ’n Cessna wat vermis geraak het en van ’n groep kinders wat saam met ’n volwassene na die vliegtuig gaan soek. Vir Anna van Zyl (Volksblad, 16 Augustus 1983) was die "verhaal boeiend en interessant, maar wat haar veral geboei het, was die wyse waarop die skrywer een van die seuns (Willie) se karakter laat ontwikkel het, die vormende invloed wat vriende en omgewing op hom gehad het, en wat ontberings en liefde aan ’n mens kan doen. Johann Bekker ken die siel van die kind, verstaan die jeug en weet hoe om oor hulle te skryf en hulle natuurlik te laat optree. Niks in die boek word aan jou opgedring nie: alles vloei spontaan en op subtiele wyse voort uit die verhaal."
Ook Bekker se bundel kortverhale getiteld ’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale (1980, met ’n herdruk in 1987) ontlok goeie reaksie. Hierdie elftal verhale het almal reeds vroeër in tydskrifte verskyn, maar is op aandrang van die leserspubliek in boekvorm uitgegee.
Die verhale kan dalk met die eerste oogopslag lyk asof hulle onpretensieus is, maar as die leser dít glo, sal hy homself laat kul, het PH Roodt (Hoofstad, 6 April 1981) geskryf. "Dit is nie bloot humoristiese sketse nie. Die skrywer kerf dieper as wat die ligte ontspanningsverhaal toelaat. Dit is ’n bundel wat nie net vermaak sal verskaf nie, maar wat juis mét die lag feite en wyshede van die lewe in sy essensie tuisbring."
Vir Anna van Zyl (Volksblad, 19 Maart 1981) is die karakters in ’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale mense van vlees en bloed en nie karikature nie. Die verhale se konstruksie is eg en Bekker se blik op sy karakters is deernisvol en met ’n vonkel in die oog.
Johann se verhale vir volwassenes het ook altyd positiewe reaksies ontlok. Hy het nooit geskryf met die doel om ernstige literêre werke te publiseer nie, maar het altyd gepoog om ’n storie te vertel, en as sy lesers dit geniet, is die plesier vir hom net groter.
Die meeste van sy verhale vir volwassenes is spanningsverhale en het dit die regte dosis avontuur- en liefdeselemente in, en dít is waarna sy lesers gevra het. Sy lesers het hom ook deur die jare leer ken as ’n skrywer wat sy temas goed en prikkelend hanteer.
Ook op sy vakterrein het Johann Bekker heelwat publikasies gelewer: drie universiteitshandboeke, tien monografieë en ’n groot aantal artikels in opvoedkundige tydskrifte. Hy het ook op kultuur-godsdienstige gebied heelwat gepubliseer.
Hy was sy lewe lank gek oor die buitelewe. Behalwe oorsee, het Johann en Betsie ook Suidelike Afrika vol gereis, veral na die wildernisse toe, soos die Okavango-moerasse, en na Angola, Namibië, Mosambiek, Zimbabwe en die Transvaalse Bosveld. Hierdie wegkom so af en toe na ver wêrelde van ons land en na ander lande was lekker, maar nêrens was dit vir Johann lekkerder as in die ongereptheid van die bos, halfwoestyn en moerasprag van die diep binneland nie. “Daar brand die vure hoog, ook binnekant – en word storie.”
Hy het in 1979 afgetree, en daarna het hy en sy vrou op Voortrekkerstrand aan die Natalse Suidkus gaan woon. Hier het hulle hulle verlustig aan die bos en die diere, soos dassies en apies en die voëls. Johann het tot sy afsterwe in Februarie 1985 hier gewoon. Hy is in sy huis aan ’n hartaanval oorlede.
Publikasies
Publikasie |
Godsdiensonderwys in die skool |
Publikasiedatum |
[19-] |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Opvoedkunde |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Dakka se groot avontuur |
Publikasiedatum |
1947 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Stellenbosch: CSV |
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Pikkie en die seunsbende |
Publikasiedatum |
1948 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Pers |
Literêre vorm |
Kinderverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Kruitdamp: Avontuurverhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog |
Publikasiedatum |
1949 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Pers |
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Waaikraal se mense |
Publikasiedatum |
1950 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Van Riebeeck-Biblioteekskema |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Onheil op Verwagting: Avontuurverhaal vir seuns |
Publikasiedatum |
1951 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Voortrekkerpers |
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Die akrobate |
Publikasiedatum |
1952 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Goeie Hoop Uitgewers |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Wit hiënas |
Publikasiedatum |
1952 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Dawid en Goliat. Saam met Hettie Cillié |
Publikasiedatum |
1953 |
ISBN |
(sb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel |
Literêre vorm |
Bybelverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Die bottelaar |
Publikasiedatum |
1957 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Kobus in Meerminland: Avonture in Smenskieland |
Publikasiedatum |
1962 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Nasionale Boekhandel |
Literêre vorm |
Kinderverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Cessna vermis! |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Verantwoorde skooltug |
Publikasiedatum |
1963 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Pretoria: HAUM |
Literêre vorm |
Opvoedkunde |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Het van Verlangekraal |
Publikasiedatum |
[19-] |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Pretoria: HAUM |
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Die buffeltemmer |
Publikasiedatum |
1965 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Ver verby Dukwe |
Publikasiedatum |
1969 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Dagbreek-Boekkring |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Peilbakens |
Publikasiedatum |
1975 |
ISBN |
0628007604 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Voortrekker-Boekklub |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Reën plek-plek |
Publikasiedatum |
1976 |
ISBN |
0628010508 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Voortrekker-Boekklub |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Duisend tree suid |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
|
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Gonzales leef! |
Publikasiedatum |
1977 |
ISBN |
0628012241 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Dagbreek-Boekkring |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Die leeus van Sashani |
Publikasiedatum |
1977 |
ISBN |
0798107154 (hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Safari Braganza |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Safari van die dood |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
’n Dokter vir Kashowe |
Publikasiedatum |
1978 |
ISBN |
0628013353 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Klub 707 |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Reën plek-plek |
Publikasiedatum |
1976 |
ISBN |
0628010508 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Voortrekker-Boekklub |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Onrus op Surrey |
Publikasiedatum |
1978 |
ISBN |
079810810X (hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Katonkelbaai |
Publikasiedatum |
1978 |
ISBN |
0628013493 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Dagbreek-Boekkring |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Duiwelskrans |
Publikasiedatum |
1979 |
ISBN |
062801516X (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Dagbreek-Boekkring |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Roel Keet en Kie |
Publikasiedatum |
1979 |
ISBN |
062801578X (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
Literêre vorm |
Seunsverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Die rooi wal |
Publikasiedatum |
1979 |
ISBN |
0628015674 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Dag van die wildehond |
Publikasiedatum |
1980 |
ISBN |
0798110279 (hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Die palomino |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
’n Tradisie van die Vermeulens en ander verhale |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Kortverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Terug na Helling |
Publikasiedatum |
1980 |
ISBN |
0628017545 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Klub Dagbreek |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Mekatersnek |
Publikasiedatum |
1980 |
ISBN |
0628018703 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Klub Saffier |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Senator |
Publikasiedatum |
1980 |
ISBN |
0628019327 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Duin drie |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
Literêre vorm |
Spanningsverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Jimbo |
Publikasiedatum |
1982 |
ISBN |
079930638X (hb) |
Uitgewer |
Pretoria: Van der Walt |
Literêre vorm |
Kinderboeke |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Eiland van onrus |
Publikasiedatum |
1983 |
ISBN |
0799306649 (hb) |
Uitgewer |
Pretoria: Treffer-Boekklub |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Rommel |
Publikasiedatum |
|
ISBN |
|
Uitgewer |
Pretoria: Juventus |
Literêre vorm |
Kinderverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Hoog bo die Urubamba |
Publikasiedatum |
1983 |
ISBN |
0624019918 (hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Ranke wat uitstoot |
Publikasiedatum |
1983 |
ISBN |
0628025556 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Waghond van Hartbeeslaagte |
Publikasiedatum |
1984 |
ISBN |
079930834X (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Van der Walt |
Literêre vorm |
Jeugverhale |
Pryse toegeken |
Afrikaanse literatuur van die jaar van die Federasie van Rapportryerskorpse saam met Liewe Heksie in 1985 |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Die aand van Johnnie X |
Publikasiedatum |
1985 |
ISBN |
0628029144 (hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Perskor |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
As J Heinrich:
Publikasie |
Uit die skimme |
Publikasiedatum |
1951 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Van Riebeeck-Biblioteekskema |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Langs die Niemendalse meer |
Publikasiedatum |
1953 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Johannesburg: Van Riebeeck-Biblioteekskema |
Literêre vorm |
Spanningsverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Publikasie |
Lynkloof |
Publikasiedatum |
1953 |
ISBN |
(hb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings beskikbaar op die internet |
|
Artikels oor Johann Bekker beskikbaar op die internet:
Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.
Bron:
- Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.
The post Johann Bekker (1918–1985) appeared first on LitNet.